Google

Binne Google Translate

Vind uit hoe ons vertalings geskep word

Wat is Google Translate?

Google Translate is 'n gratis vertaaldiens wat onmiddellike vertalings tussen 57 verskillende tale bied. Dit kan woorde, sinne en webblaaie vertaal tussen enige kombinasie van die tale wat ons ondersteun. Ons probeer om inligting universieël toeganklik en behulpsaam te maak met Google Translate, ongeag van die taal waarin dit geskryf is.

Hoe werk dit?

Wanneer Google Translate 'n vertaling genereer, kyk dit na patrone in honderde miljoene dokumente om te besluit op die beste vertaling vir jou. Google Translate maak intellegente besluite oor die mees gepaste vertaling deur patrone in documente wat alreeds deur menslike vertalers vertaal is, op te spoor. Hierdie proses om patrone te soek in groot hoeveelhede teks, word 'statistiese masjien vertaling' genoem. Aangesien die vertalings deur masjiene gegenereer word, sal alle vertalings nie perfek wees nie. Hoe meer menslik-vertaalde dokumente Google Translate kan analiseer in 'n spesifieke taal, hoe beter sal die kwaliteit van die vertaling wees. Dit is waarom die akkuraatheid van die vertalings soms varieër tussen verskillende tale.

Watter tale ondersteun Google Translate?

Google Translate ondersteun tans 57 tale:

Afrikaans
Albanies
Arabies
Wit-Russies
Bulgaars
Katalaans
Sjinees
Kroasies
Tjeggies
Deens
Nederlands
Engels
Estnies
Filippyns
Fins
Frans
Galasies
Duits
Grieks
Hebreeus
Hindi
Hongaars
Yslands
Indonesies
Iers
Italiaans
Japanees
Koreaans
Letties
Litaus
Masedonies
Maleis
Maltees
Noorweegs
Persies
Pools
Portugees
Roemeens
Russies
Serwies
Slowaaks
Sloweens
Spaans
Swahili
Sweeds
Thai
Turks
Oekraïens
Vietnamees
Wallies
Jiddisj

Huidige alfa tale is:

Armeens
Azerbaijani
Baskies
Georgiaans
Haitiese kreools
Oerdoe

Google Translate toets ook ander tale, sogenaamde 'alfa tale', wat moontlik minder betroubare vertaal kwaliteit kan hê as die tale wat ons ondersteun. Ons werk ook altyd daaraan om ander tale te ondersteun en sal dit bekendstel sodra die vertalingskwaliteit aan ons standaarde voldoen.

Wat kan ek doen om die vertalingskwaliteit te verbeter?

As jy opmerk dat een van ons vertalings kan verbeter, klik op die 'Verskaf 'n beter vertaling' skakel op die resultate blad om verbeterings voor te stel. Jy kan ook help om die vertaling te verbeter deur Translator Toolkit te gebruik vir vertaling of deur jou vertaalgeheue op te laai in Translator Toolkit.

Wil jy meer weet?

As jy enige verdere vra het oor Google Translate of as jy positiewe terugvoer wil gee, gaan asseblief na Google Translate gespreksgroep.

Jy kan meer lees oor ons onlangse opdaterings op die Google Translate Blog en oor Google se ander navorsingsprojekte by die Google Research webwerf.

Om meer uit te vind oor die wetenskap van masjien vertaling, gaan na die volgende bronne:
Machine Translation Archive
Statistical Machine Translation