Soms sal die beste oplossing vir jou soek navraag nie in jou taal wees nie. Gerbuik ons 'Vertaalde Soektog' opsie in Google om jou soektog regtig globaal te maak. Dit bepaal watter taal die beste oplossing vir jou navraag het, en vertal webresultate vanaf daardie tale terug na joune.
As jy 'n vreemde term opsoek in Google Search, mag jy soekresultate kry wat nie in jou moedertaal is nie. Klik net op die 'Vertaal hierdie bladsy' skakel by die soekresultaat om 'n masjien vertaling van die bladsy op Google Translate te besigtig.
Jy hoef nie eers die Google soekresultate bladsy te verlaat vir eenvoudige vertalings nie. Tik net jou vertaling navraad in die soek boksie en sien hoe die vertaling resultaat onmiddellik verskyn.
Probeer Google Chrome, ons vinnige, veilige en meertalige deurblaaier. Soortgelyk aan Google Toolbar, kom Chrome dadelik agter as jy 'n bladsy besoek wat in 'n vreemde taal is en vertaal die teks onmiddellik na jou moedertaal.
Google Toolbar is 'n deurblaaier byvoegsel vir Internet Explorer en Firefox wat onmiddellik webwerwe wat in vreemde tale geskryf is, opspoor en vertaal die teks van daardie bladsye in jou moedertaal.
Wat moet jy doen as jy 'n belangrike e-pos ontvang, maar dis nie in jou taal nie? As jy Gmail gebruik, kan dit vreemde e-pos boodskappe onmiddellik vertaal na jou taal. Sit net die toepassing aan in Gmail Labs. Doen dit so.
Terwyl jy in Gmail is, kan jy ook 'n meertalige gesprek met jou oorsese penmaat hê. Voeg die Google Translate Chat Bot by jou gesprekke en steek die taalgrens oor.
Wou jy al ooit 'n bespreking hou met mense van reg oor die wêreld? Kyk na die vertaal toepassings in Google Groepe - jy kan boodskappe in jou taal plaas en reaksies van gebruikers regoor die wêreld lees wat in jou taal vertaal. Ons hou baie van die toepassing en gebruik dit in ons eie besprekingsgroep om met ons gebruikers te skakel.
Gebruik dit nou: Besoek die Google Translate Besprekingsgroep.Wil jy 'n meertalige debat voer? Gebruik Google Moderator - dit vertaal vrae en antwoorde outomaties van en na jou taal.
Probeer dit nou: Besoek Google Moderator.Vertaal volledige dokumente en frases en woorde binne-in dokumente in Google Docs. Leer hoe hier.
Probeer dit nou: Begin 'n dokument in Google Docs.Wil jy 'n internasionale gehoor trek op YouTube? Transkribeer jou videos outomaties en voeg vertalings by met 'n paar klikke. Leer hoe hier.
Besoek translate.google.com/m op jou mobiele foon om Google Translate vir jou mobiele toestel te besigtig.

Laai ons Android toepassing af om die ware krag van Google Translate vry te stel. Jy kan met dit praat en 'n gesproke vertaling terug hoor. Die toepassing ondersteun ook geskiedenis, sterre en 'n woordeboek vir al jul woordliefhebbers.
Probeer dit nou! Skandeer hierdie strepieskode deur die strepieskode-skandeerder te gebruik om Google Translate vir Android af te laai:

Masjien vertaling is 'n uitstekende manier om jou webwerf or besigheid bloot te stel aan 'n globale gehoor. Hier is 'n paar maniere waarop Google Translate jou en jou onderneming kan help:
Voeg die Google Translate-webelement by en maak jou webwerf onmiddellik internasionaal. Dis net 'n paar eenvoudige HTML-lyntjies - probeer dit nou.
Ontwerp 'n vertaaloplossing vir jou webwerf deur die AJAX-API vir Google Translate te gebruik. Leer meer op ons Google Code-bladsy.
Is jy 'n professionele vertaler? Jy kan jou produktiwiteit verbeter deur Google Translator Toolkit te gebruik. Translator Toolkit sluit WYSIWYG-UI vir konteks, masjien vertaling, woordelyste, en die moontlikheid om vertaalgeheue op en af te laai, in.